SWELLENDAM NUUS - ’n Polisielid van Swellendam het moontlik Covid-19 opgedoen.
Hy was in aanraking met iemand by Worcester-polisiekantoor wat positief getoets is. Sy vrou, wat by die munisipaliteit werk, is ook getoets.
Albei se uitslae sal binne die volgende drie tot vyf dae bekend wees. Almal wat met hulle in aanraking was, word versoek om tuis te bly.
Die polisiekantoor is gesluit en word gesaniteer. Intussen is ‘n polisiekantoor in ’n gebou by die stadsaal ingerig.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'