SWELLENDAM NUUS - Die Swellendam-munisipaliteit ontken aantygings dat die dorp se water swak bestuur en die waterstelsel nie werk nie.
“Ons is bewus daarvan dat gerugte versprei en wilde aantygings oor die sogenaamde wanbestuur van ons waterinfrastruktuur gemaak word,” sê burgemeester Nicholas Myburgh.
“Hierdie optrede is uiters onverantwoordelik en word gedryf deur mense met verskuilde agendas en duistere motiewe.”
Hy verduidelik dat die munisipaliteit vlak 2-waterbeperkings ingestel het omdat die vlak van die hoofopgaardam Grootkloof 3 (G3) weens verskeie faktore gedaal het. Na die reën het die vlak gestyg en beperkings kan moontlik opgehef word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'