Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Slegs ‘n handjievol mense het die amptelike afskop van die 16 Dae van Aktivisme van Geweld teen Vroue en Kinders by die gemeenskapsaal op Woensdag, 25 November op Melkhoutfontein bygewoon.
Volgens ao Morné D’Emiljo van Stilbaai-polisie wat die verwelkoming behartig het, is dit ‘n groot teleurstelling dat so min belangstelling met hierdie belangrike saak getoon is.
Die geleentheid was deur pastoor Jannie Kleynhans geopen, waarna sers Chrissie Lewaks, sameroeper, ‘n kort oorsig van die ontstaan en betekenis van die 16 Dae van Aktivisme gegee het.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'