RIVERSDAL NUUS - Vier mans is in hegtenis geneem vir diefstal van batterye by die MTN-toring by Soetmelksrivier.
Riversdal-polisielede wat die klag op Donderdag, 1 Julie bygewoon het, het dadelik 'n beskrywing van die voertuig aan omliggende polisiestasies deurgegee.
Die mans is kort daarna deur lede van Heidelberg-polisie in hegtenis geneem.
Die gesteelde batterye is agter in die motor se kattebak gevind.
Die verdagtes sal vandag, 5 Julie in Riversdal-landdroshof verskyn. Hulle bly in aanhouding.
• 'n Suksesvolle operasie is ook deur Riversdal se polisielede in Thembanistraat op Saterdag, 26 Junie uitgevoer. Een persoon is in hegtenis geneem vir handeldryf in dwelms.
Van die geld en Tik waarop beslag gelê is.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'