Elkeen het ingespring om 'n verskeidenheid muffins te bak, wat aan al die lede van die plaaslike polisiestasie uitgedeel is as waardering wat hulle vir die gemeenskap doen en wat vir ons veiligheid sorg.
'n Groot hoeveelheid klere en veral linne is ook aan die traumakamer oorhandig, wat deur middel van een van ons Oliver Twist-projekte ingesamel was.
'n Groot dankie aan al die inwoners wat hiervoor bygedra en die oorhandiging moontlik gemaak het.

Van links staan Elize Blom (joernalis), sers Wynette Coetzee, Jaun-Maré Conradie (advertensie verteenwoordiger), sers H Hurling, ao Yolanda Prinsloo, Ashliegh Mey (student) en Louise Mouton (joernalis). Wilma Adamson het agter die kamera gestaan.
'Ons bring jou die nuutste Riversda, Hessequa nuus'