HESSEQUA NUUS - Die Wes-Kaap Bloeddiens doen 'n beroep op skenkers om in groot getalle by bloeddiensklinieke aan te meld om bloed te skenk.
Die volgende bloedskenk-klinieke in die Hessequa streek is soos volg:
- Heidelberg: 22 November in die gemeenskapsaal vanaf 12:00 - 17:30;
- Albertinia: 30 November in die gemeenskapsaal vanaf 14:00 - 18:00;
- Riversdal: 9 Desember in die Thusong-sentrum vanaf 14:00 - 18:45.
Die volgende bloedskenk-klinieke in die Mosselbaai streek is soos volg:
- Hartenbos Seefront: 25 Oktober in die Dolfynsaal vanaf 10:00 - 15:00
- Danabaai: 26 Oktober by die Caltex Vulstasie vanaf 12:00 - 17:00
- Langeberg Mall: 28 Oktober vanaf 10:00 - 15:00.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'