HEIDELBERG NUUS - 'n Hewige storm wat 'n wolkbreuk ingesluit het, het verlede maand groot skade in die Oos-Dorp veroorsaak.
Sandsakke moes voor die inwoners se deure geplaas word om die vloedwater te keer.
Verskeie inwoners se erwe in Aalwynlaan en Johansenstraat is deur vloedwater beskadig nadat die grond meegegee en groot gate veroorsaak het, veral op die hoek van dié strate.
Munisipale werkers het al die gevaarplekke afgesper en die sand en modder uit die strate verwyder. Ten minste twee gesinne se erwe het meegegee en die munisipaliteit moes sand aanry om die gate te vul.
Sandsakke moes gepak word om die water uit huise te hou.
Dié gedeelte van Aalwynlaan moes afgesper word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'