STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-polisie het die 16 dae van aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld op Donderdagaand 24 November met 'n byeenkoms in Melkhoutfontein ingelui.
Die doel van die veldtog is om geweld teen vroue en kinders in die gemeenskap aan te spreek en te voorkom.
Sers. Chrissie Lewaks wat die byeenkoms gereël het, het alle uniformdraers, kerke, skole en NRO's genooi om hande te vat met die polisie in die geveg teen geslagsgebaseerde geweld in die gemeenskap.
Van links: Sers. Chrissie Lewaks, Belinda Wagenaar, Rachel Wall, Renee Davids, pastoor Jonathan Kleinhans en Ronald Rossouw.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'