HESSEQUA NUUS - Skenkers van Stilbaai het beslis op Riversdallers se uitdaging reageer en skenk presies een eenheid meer as Riversdal se 60 eenhede.
“Sewentig skenkers het by die kliniek aangemeld, waaronder vier nuwe skenkers en ons het 61 vol eenhede ontvang,” het Arlecia November van die Wes-Kaap Bloeddiens gesê.
Die volgende bloedskenk-klinieke in die Hessequa streek is soos volg:
- Heidelberg: 20 September in die gemeenskapsaal vanaf 12:00 tot 17:30;
- Albertinia: 28 September in die gemeenskapsaal vanaf 14:00 - 18:00;
- Riversdal: 30 September in die Thusong-sentrum vanaf 14:00 - 18:45.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg nuus'