STILBAAI NUUS - Stilbaai-toerisme het hulle AJV op Dinsdag 3 Oktober gehou. Volgens die voorsitter, Annerise Wolmarans, het hulle ‘n goeie jaar beleef.
September se hewige storm het baie skade aangerig, veral by Morrispunt, maar hulle is besig met alle rolspelers om dit te herstel voor die Desembervakansie.
Hulle het ook die nuwe bestuur gekies.
Agter van links is: Eugene Visagie, Mariaan Harris (kantoorbestuurder), Nardus Venter, Tania Harmzen, Derek Odendaal en Kevin Hector. Voor: Claudia Jacobs (toerismebeampte), Annerise Wolmarans, Chantelle Loots (in plek van haar ma Laetitia), Louise Gerryts en Debbie Deetlefs. Afwesig: Elmarie Smit, Riaan Moag en Laetitia Loots.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’