STILBAAI NUUS - Mariaan Harris is aangestel as die nuwe kantoorbestuurder van Stilbaai-toerisme met ingang van 1 Augustus.
Sy kom in die plek van Annerise Wolmarans, wat as gasvryheidsbestuurder by die Oudewerfskloof-olyfplaas gaan inval.
Mariaan was haar lewe lank in die wynbedryf en gasvryheid betrokke.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'