STILBAAI NUUS - Hessequa-munisipaliteit het by monde van die bestuurder, Johan Jacobs, besorgde inwoners van Stilbaai verseker dat die gewerskaf by Lappiesbaai se duine deel van ’n rehabilitasieprojek is.
Daar is onlangs op sosiale media bespiegel dat die werkery nadelig vir die kusomgewing en riviermond kan wees.
Volgens Jacobs is die projek om die duine te stabiliseer deur residensiële en kommersiële ontwikkeling in die gebied genoodsaak.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'