Gallery
STILBAAI NUUS - Stilbaai-polisie het Projek Hoop ter viering van nasionale kinderbeskermingsweek geloods.
Die projek het die leerders en ouers van Melkhoutfontein Primêr oor die euwels van gesinsgeweld, dwelmmisbruik en vroeë skoolverlating toegelig.
Leerders wat gedragsprobleme toon, is ingelig oor die nadelige uitwerking van afwesigheid van die skool, terwyl die ouers gewaarsku is dat dit hul verantwoordelikheid is om te sorg dat hul kinders by die skool besorg word.
Projek Hoop is afgesluit met ’n heerlike ete.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'