STILBAAI NUUS - Inwoners, besoekers en vakansiegangers in die Hessequa-streek kan uitsien na ‘n heerlike proegeleentheid.
Die vierde agtereenvolgende Craft Beer, Gin & Wine Tasting Expo wat gedurende die eerste skoolvakansie van die jaar in Stilbaai aangebied word, vind vanjaar op Woensdag en Donderdag (27 en 28 Maart) weer in die plaaslike gemeenskapsaal plaas.
‘n Totaal van 21 wynplase sal ‘n verskeidenheid van 131 wyne beskikbaar hê, terwyl ‘n totaal van nege kraft-gins en 17 boetiekbiere ook vir proe aangebied sal word.
Heelwat van dié wyne het nasionale toekennings verwerf en sommige wyne is nie geredelik in winkels beskikbaar nie.
Besoek www.mystilbaai.co.za vir meer inligting of kontak Stilbaai Kelders by 028 754 1655 of vir Adolf Botes by 082 337 6286.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'