STILBAAI NUUS - Die gewilde Stilbaai Boekefees vind hierdie jaar plaas oor die naweek van 23 - 25 Februarie en beloof om alle verwagtinge te oortref.
Die fees wat in die eerste twee jaar by die Baptiste Kerksaal in Stilbaai-Oos gehou was het sy kinderskoene nou behoorlik ontgroei en moes skuif na 'n groter venue.
Die Stilbaai Gemeenskapsaal sal baie meer mense kan huisves en spog met baie meer geriewe.
Die program begin al Vrydagoggend 10:00 op 23 Februarie en word Sondagoggend afgesluit met 'n staptog saam met Nico Steenekamp.
Volgens Elna van der Merwe, feesorganiseerder, beloof die program iets vir almal en is propvol verrassings.
Feesbesprekings open binnekort by Quicket.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’