Mnr. Mike Adefovitz (eksterne kommunikasie, Transnet) noem aan die koerant dat 'n instandhoudingspan van Transnet die stasie besoek het en dat graffiti teen die mure en rommel op die perseel gevind is. Die span het ondersoek ingestel na probleme wat tans ondervind word, asook probleme wat moontlik in die toekoms kop kan uitsteek, veral vandalisme.
Daar is besluit op die volgende stappe: Die verdere toebou van vensters en deure met bakstene om te verseker dat geen omgemagtige toegang tot die gebou verkry word nie. Die area van die stasiegebou en platform gaan skoongemaak en oorgeverf word om sodoende alle graffiti te verwyder. Alle rommel, asook die geute sal verwyder word.
Toekoms van die stasie
Adefovitz verduidelik verder dat Transnet tans in gesprek is met onderskeie partye met betrekking tot die toekomstige uithuur van die stasie. Volgens hom wil van die persone wat belangstel, veranderinge aanbring aan die gebou en dit kan ongelukkig nie gebeur nie, omdat dit 'n historiese gebou is en so bewaar moet word. Weens die feit neem die uithuur van die perseel heelwat langer as wat aanvanklik verwag is. Die stand van sake het volgens Adefovitz gelei tot hoe Riversdalstasie vandag daarna uitsien.
* IN SHORT
A Transnet maintenance team conducted an onsite inspection of the station, to consider not only current problems but to also come up with preventative measures in order to prevent further problems of vagrancy. It was decided to take the following actions: 'Bricking up', that is, closing doors and window opening in the building using cement blocks to secure the building from further illegal occupation. Painting the platform side of the station building which would involve removing the graffiti and grime and removing the gutters and carting away debris. Transnet has been in touch with various prospective tenants. Being a heritage site, the building cannot be altered, a preference of many prospective tenants. Due to this, it has unfortunately taken longer than anticipated to secure a tenant for this building which in a way has led to this situation.

Van bo links: Riversdalstasie besig om te verval, selfs die stasienaam het beter dae gesien. Rommel en graffiti kan oral opgemerk word by die perseel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'