RIVERSDAL NUUS - ’n Groep bestaande uit 27 mans en drie vrouens, verbonde aan die inheemse bevrydingsstaptog, het Dinsdag 26 Februarie in dié dorp oornag.
Die staptog het op 20 Februarie in Hankey in die Oos-Kaap begin en op die eerste dag is 35 kilometer tot in Humansdorp afgelê.
Die eienaar van ’n selfsorg-akkomodasie, Lima Mhatey het vir hulle gratis verblyf verskaf.
Die span het op Woensdag 27 Februarie hul staptog voortgesit en Slangrivier was hul volgende bestemming.
Die groep is na die parlement in Kaapstad onderweg waar hulle beplan om ’n versoekskrif aan pres. Cyril Ramaphosa wil oorhandig om die regte van die inheemse volke te verseker in ooreenstemming met die verklaring van die Verenigende Nasies, gedateer 13 September 2007.
In 2012 is daar besluit om die inwoners van Suid-Afrika bewus te maak van die ontkenning van die inheemse volke as eerste inwoners van die land en vanjaar was die sewende jaar dat die staptog onderneem word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'