HESSEQUA NUUS - Die Korentepoortdam in die Hessequa-streek se vlak het die afgelope week redelik konstant gebly na 19,2mm reën in sy opvanggebied gemeet is.
Die Duivenhoksdam in Heidelberg het egter met 4,3% in dieselfde tydperk gedaal, maar die Olive Grovedam in Stilbaai het met 5% gestyg.
Strenger waterbeperkings is van krag in al die dorpe in die streek.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'