Update
HESSEQUA NUUS - Goeie reën die afgelope paar weke in die Hessequa-streek het 'n styging in al die damvlakke buiten die Olive Grovedam in Stilbaai veroorsaak.
In die Korentepoortdam se opvanggebied is verlede week 13,2mm reën gemeet, wat die totaal vir die maand op 79.9% te staan bring.
Die Duivenhoksdam in Heidelberg loop oor.
Die stand van damme is soos volg:
19 April
- Korentepoortdam – 83%
- Duivenhoksdam – 100%
- Olive Grovedam – 50%
- Jongensfonteindam – 100%
25 April
- Korentepoortdam – 84.1%
- Duivenhoksdam – 100.5%
- Olive Grovedam – 50%
- Jongensfonteindam – 100%
Vorige artikel: Damvlakke styg in Hessequa
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'