STILBAAI NUUSFLITS - Volgens Laerskool Bertie Barnard se skoolhoof, Nicky Deetlefs word met hul eerste krieketfees gepoog om ‘n blywende, positiewe bydrae tot die ontwikkeling van jong krieketspelers te maak – maar ook om sportmangees te bevorder.
Krieketspanne van ses laerskole het van sover as Kaapstad na Stilbaai gereis om die naweek van 20 Oktober aan Laerskool Bertie Barnard se eerste krieketfees in Stilbaai deel te neem.
Die skole het Vrydag reeds begin speel met wedstryde wat Saterdag voortgesit is.
Deetlefs hoop dat dié fees ‘n jaarlikse ingstelling sal word.
Foto: Al die spelers wat deelgeneem het.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'