HEIDELBERG NUUS - Die afgelope jaar of wat het die dorp gesteier onder die vlaag van misdade, wat moord insluit.
Plaaslike sportlui en persone in die onderwys het onder leiding van Julian Buis, voorsitter van Heidelberg-rugbyklub op Dinsdag 21 Mei bymekaargekom om ’n plan te beraam om meer aktiwiteite vir veral jongmense en kinders daar te stel.
’n Oorkoepelende liggaam soos ’n sport- en kultuurforum word voorgestel.
Alle instansies, soos sport- en ontspanningsklubs, seniors, skole en kerkorganisasies gaan betrek word in ’n gesamentlike poging om ’n gesonde gemeenskapslewe aan die gang te kry, en te hou.
Buis het die hoop uitgespreek dat by die vergadering wat vir 7 Junie in die gemeenskapsaal belê is, daar verteenwoordigers van elke instansie en besighede sal wees.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'