RIVERSDAL NUUS - ’n Spogtee om pleegmoeders vir hulle onbaatsugtige werk en oop harte deur Kindersorg SA Riversdal vir vir Vrouemaand-vieringe aangebied.
Constance Louwrance wat as gasvrou opgetree het, het die vroue bedank vir hulle beroep as moeders van ander se kinders.
Louwrance het op praktiese maniere gefokus oor hoe die vrou haar gesin bymekaar hou deur speletjies te speel en saam kos voor te berei.
Bianca Adams, maatskaplike werker het inligting oor die pleegmoeder se verantwoordelikhede en pligte hersien.
Die personeel wat die dag moontlik gemaak het is van links Sandra Alexander(student), Shahida Filander (admin beampte), Magda Kamfer (maatskaplike hulpwerker ), Bianca Adams (senior maatskaplike werker), Leandri Streicher (maatskaplike werker) en Constance Louwrance (gasvrou).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'