RIVERSDAL NUUS - Andrew Stroebel, speaker van Hessequa-munisipaliteit, het op Maandag 17 Oktober Hoërskool Langenhoven se matrieks besoek om dié senior Dasse sterkte toe te wens met hulle eindeksamen én hul toekomsplanne.
Hy het genoem dat die Dasse die potensiaal moet hê om te kan droom. "Om te kan droom moet jy 'n visie hê en om 'n visie te hê moet mens 'n plan hê. En om 'n plan te kan hê, moet jy 'n plan formuleer. Om dit te kan doen moet jy beplanning kan doen."
Hy het ook die Dasse geïnspireer om te droom en dié drome te visualiseer om te kan bereik wat elkeen wil.
Hy het ook die belangrike rol wat die skool se onderwysers in die leerders se toekoms speel, beklemtoon.
Stroebel se boodskap was baie inspirerend en het die matrieks gemotiveer om hul bes in die eksamen te gee. Die matrieks van 2022 is baie dankbaar dat hy van sy tyd afgestaan het om hulle te kom toespreek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'