RIVERSDAL NUUS - Koshampers is Dinsdag, 7 Desember aan Dina Pennell in Wilson Qubengustraat, Kwanokuthula op Riversdal deur Dumisani Charlie, voorsitter van Men for Change en ao Phillip Thiart oorhandig.
Verskeie spazawinkels in die dorp het die nie-bederfbare produkte geskenk.
Pennell het 'n sopkombuis wat vir ongeveer 100 kinders deur die jaar kos voorsien. Sersant Christiaan Jansen van Riversdal-polisie bedank haar, asook al die borge vir haar onbaatsugtige werk.
Thiart en Jansen het 'n kort praatjie gelewer oor die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'