ALBERTINIA NUUS - Piet en Mable Gungulaza doen alles in hulle vermoë om die honger magies in Albertinia te voed.
Altesaam 35 kinders is Woensdag 8 Mei met lekker sop bederf.
Die pastoorspaar sê hulle doen dit uit liefde en dat dit 'n groot plesier is.
Alles kom uit hul eie sak en hulle kry geen skenkings van kruideniersware of groente nie.
Enigiemand wat iets wil skenk kan dit by die egpaar se woning afgee.
Enigiemand wat iets wil skenk kan dit by die egpaar se woning afgee. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'