MELKHOUTFONTEIN NUUS - ’n Bord geurige sop, vars brood en ’n groot glimlag is wat jy van Badisa se sopkombuis in dié dorp kan verwag.
Sowat 250 kinders is reeds van ’n warm middagete voorsien sedert die sopkombuis op Woensdag 15 April by Ouma Lena se Huis begin het.
Hulle werk saam met die departement maatskaplike ontwikkeling en is oop op die dae wat kos nie by die skool deur die onderwysdepartement verskaf word nie.
Ioné Michaels van Badisa wag almal buite met die bottel handreiniger in. Nie eens haar masker kan haar groot glimlag vir elke kind wegsteek nie. Na die handjies gespuit is, help sy elkeen om op een van die strepe, wat met bordkryt op die sypaadjie getrek is, te staan. Sodoende word voldoende afstand tussen die kinders verseker. Elkeen kry ook ’n tuisgemaakte masker om op te sit.
Daarna word elke naam op ’n lys afgemerk, waarna een na die ander se houers met sop volgemaak word.
Persone wat wil help om sop te kook kan met Badisa Stilbaai tydens kantoorure by 028 754 2203 in verbinding tree.
Die sop moet verkieslik reeds koud of gevries wees en in houers of sakke wat nie terugbesorg hoef te word nie, gegooi word. Badisa sal dit by die wonings gaan oplaai.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'