HEIDELBERG NUUS - Inwoners van Heidelberg wat van voornemens was om hul bestuurslisensies te hernu en van ander dienste by Heidelberg se verkeerskantoor gebruik te maak, sal dit vir 'n wyle moet uitstel.
Dit is wel op Riversdal beskikbaar.
Die volgende funksies word geraak
- Hernuwing van bestuurslisensies
- Aansoek vir leerlinglisensies
- Hernuwing/aansoek vir professionele bestuurspermitte
Alle motorregistrasie-funksies is egter steeds by Heidelberg-verkeerskantoor beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'