MELKHOUTFONTEIN NUUS - Phillip May woon al ses jaar by Soeterus in Melkhoutfontein.
Soeterus vorm deel van die Jagersbosch-gemeenskapsorgsentrum en is uitsluitlik vir bejaardes.
Toe Phillip sy huisie ses jaar gelede betrek het, het hy besluit dat hy nie gaan stilsit nie en het hy aan 'n groentetuin voor sy huisie begin werk.
Kort voor lank was die spasie te min en nou het sy tuin al na die buurvrou toe uitgebrei.
Phillip sê tuinmaak is in sy bloed en Jagersbosch is 'n plek van geleenthede.
Hierdie pragtige tuintjie voorsien nie net in Phillip se behoeftes nie, maar hy deel ook sy oeste met ander inwoners in Soeterus.
Hy het net een wens en dit is dat as hy die dag hemel toe gaan, moet die nuwe intrekker in sy huisie net so 'n groot passie vir tuinmaak en spesifiek 'n groentetuin hê, want dit sal hartseer wees as hierdie liefdestaak tot niet gaan.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'