HESSEQUA NUUS - Die onwettige vervoer van persone in voertuie wat nie geskik of geregistreer is vir dié doel nie, word al meer in Hessequa ondervind.
Dit blyk egter nou dat persone in enige voertuig teen vergoeding vervoer word wat geheel en al teenstrydig met bestaande wetgewing is.
Ongeregistreerde en onwettige operateurs kan permit kan 'n boete van R2 500 of skut van voertuig, of albei, op die hals haal en Hessequa-verkeersdienste gaan voortaan streng teen dié onwettige operateurs optree.
Openbare vervoer deur geregistreerde operateurs is oral in die Hessequa-munisipale gebied beskikbaar vir vervoer tussen dorpe of selfs binne 'n spesifieke dorp.
Hierdie geregistreerde operateurs se voertuie voldoen aan al die wetlike aspekte en word ook gereeld vir algemene padwaardigheid nagegaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’