ALBERTINIA NUUS - Smiling Ducks-kleuterskool het op Saterdag 9 November 'n geslaagde debutantebal gehou.
Ouers en kinders het hard gewerk om van die aand 'n sukses te maak.
Die kinders is in stylvolle motors na die saal aangery, waar hulle soos celebrities ontvang is. Die 2- tot 4-jariges het die gaste met hul oulike danspassies op die maat van musiek vermaak soos nét kleintjies van daardie ouderdom dit kan doen.
Nadine Bacela is as wenner aangewys, met Gabriela Oktober as eerste prinses en Shagan Arendse as tweede prins. Daarna is sertifikate aan die maats wat die skool nou verlaat, uitgedeel.
Mev. Aritha Terblanche bedank almal vir hul harde werk: "Die ouers, oumas, oupas, die twee opvoeders Cathlene Petersen en Marian Oliphant wat die afrigting behartig het, asook almal wat op enige manier 'n bydrae gemaak en ondersteun het word werklik waardeer."
Agter: Mev. Aritha Terblanche. Voor, van links: Gabriela Oktober, Nadine Bacela en Shagan Arendse. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'