RIVERSDAL NUUS - Na 35 jaar in die onderwys en skoolhoof sedert 1995, het Hoërskool Gerrit du Plessis se skoolhoof, Richard Floris, die tuig neergelê.
Onderwys was van jongs af die loopbaan van sy keuse en die opvoeding van kinders is heelbo op sy lys prioriteite.
Met 35 jaar agter die rug as 'n rolmodel en inspirasie vir sy mede-onderwysers, het die tyd nou aangebreek vir hom om te ontspan en teen 31 Julie vanjaar het Floris sy kantoor ontruim om vir die nuwe skoolhoof plek te maak.
Sy vrou Rubi is skoolhoof van Melkhoutfontein Primêr op Stilbaai. Hulle het twee seuns - een in Kaapstad en die ander in Riversdal. Vir die oomblik sal Floris in Riversdal aanbly. Die skoolgemeenskap bedank Floris vir die diep spore wat hy in die skool getrap het. Hy is n sagmoedige, nederige persoon vol deernis. "Dankie vir die verskil wat u aan elke leerder se opvoeding gemaak het en dat u ons skool as baken van hoop gelei het,'' het die interim skoolhoof Patric Witbooi gesê. "Die personeel, leerders en ouers wens u 'n rustige aftrede toe. Ons salueer u."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'