RIVERSDAL NUUS - Trane van dankbaarheid het oor twee mammas van Riverville se wange gestroom toe hulle onlangs elk ’n atomiseerder (nebuliser) ontvang.
Die toerusting , wat deur ’n verskaffer van mediese toerusting geskenk is, help om asemnood te verlig.
In die verlede was die ma’s rasend van bekommernis wanneer hul kleintjies nie kan asem kry nie. Dan moes hospitaal toe gehaas word.
Nou kan die mammas self hul kleintjies help wanneer die mistigheid oor die dorp toesak en die kleintjies begin na asem hyg.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'