RIVERSDAL NUUS - Die volgende bloedskenkkliniek word op 15 Augustus tussen 15:00 en 18:45 in die burgersentrum gehou.
Met die slagting op die land se paaie waartydens talle mense ernstig beseer word, word bloed deurentyd dringend benodig.
Gereelde en nuwe bloedskenkers word versoek om op so 'n wyse by te dra om lewens te red.
Skenkers moet aan die volgende basiese vereistes voldoen:
- Jy moet ouer as 16 en jonger as 75 wees om te skenk;
- Jy moet meer as 50 kg weeg;
- Jy moet gesond wees op die dag van skenking (geen verkoue en griep nie); en
- Jy moet 'n veilige seksuele leefstyl handhaaf.
Die daaropvolgende datums is 24 Oktober en 19 Desember. Kontak 044 874 2074 vir meer besonderhede.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'