HESSEQUA NUUS - Kinders in die Hessequa-streek was in ekstase om McLaren-sirkus se groot tent in hul dorp te sien.
'n Persoon wat anoniem wil bly het gesê: "Ek weet nie wanneer my kind weer die geleentheid sal hê om 'n sirkus by te woon nie. Hulle is in elk geval so opgewonde mens kan die kinders nie keer nie. Ek wil graag hê my kind moet ten minste eenmaal die sirkus-ervaring kry."
Dié sirkus het in Riversdal, Heidelberg en Swellendam opgetree.
Dit is bykans elke kind se droom om ten minste eenmaal sirkus toe te kan gaan. Van links is Michelle de Kock, Elizma van Noordwyk, Pieter-Ernest van Noordwyk, Lienka de Kock en Leandri Kleinhans. Foto's San-Marié Cronjé
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'