RIVERSDAL NUUS - 'n Seun wat na bewering sonder sy familie se medewete na Groot-Brakrivier geryloop het, is die afgelope naweek veilig terug aan sy ma besorg.
Volgens sers. Chantel Marais, woordvoerder van die Groot-Brakrivier-polisiestasie, het die kind, wie se ouderdom nie bekend is nie, Saterdag 14 April by inwoners van Groot-Brakrivier aangeklop.
"Die kind beweer dat hy reeds op Dinsdag 10 April vanaf Riversdal na Groot-Brak geryloop het.
"Volgens hom ken hy die mense by wie hy aangeklop het. Die inwoners sê egter dat hulle nie weet wie die kind is nie en het die polisie in kennis gestel."
Marais sê konstabel Laurianne Botha het inligting opgevolg en met Riversdal-polisie in kontak gekom, waarna die seun weer aan sy ma terugbesorg is.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'