Video
HEIDELBERG NUUSFLITS EN VIDEO - Die Heidel senior burgerklub van dié dorp het op donderdag 4 en Vrydag 5 Oktober ‘n opedag gehou sodat mense hul handwerk kon besigtig.
Trompoppies, bestaande uit die senior burgers self, het Donderdag in gelid voor die gemeenskapsaal gestaan waar die verrigtinge aangebied is.
Die klubvoorsitter, Merle Paige, het aan die besoekers meer vertel oor die klub self en ook oor die produkte wat uitgestal was.
Hul handwerk, soos hekel- en breiwerk, materiaal- en glasskilder, asook kospakkies word onder behoeftiges in die meneenskap uitgedeel.
Hulle besoek ook siekes gereeld en sorg dat oues in die gemeenskap nie alleen of afgeskeep voel nie.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'