STILBAAI NUUS - Die wenners in Stilbaai-sakekamer se prestige toekennings is tydens 'n glansgeleentheid Vrydagaand 10 Junie in die gemeenskapsaal aangewys.
Die voorsitter, Rachel Wall, het in haar verwelkoming gesê dat die aand gaan om blootstelling aan kleiner besighede te gee, om besighede aan te spoor en ook om personeel te bedank vir wat hulle gedoen het.
Gertjie Odendaal van Oppiestoep-faam het as seremoniemeester opgetree.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaap minister van landbou was gasspreker.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'