STILBAAI NUUS - Stilbaai se sakegemeenskap staan sterk en is gerat vir die nuwe uitdagings en aanpassings wat die Covid-19-pandemie wêreldwyd vereis.
Dit is volgens Rachel Wall, wat eenparig as voorsitter herkies was tydens Stilbaai-sakekamer se algemene jaarvergadering op Donderdag, 27 Mei.
Wall het gesê die pandemie het die ewolusie van sake-ondernemings versnel en aspekte soos digitale transformasie en fokus op die welstand van werknemers noodsaaklik gemaak vir sake-kontinuïteit.
Fotogalery: Stilbaai sakekamer jaarvergadering
Stilbaai-sakekamer se nuwe bestuur. Agter, van links: Johan Kriel, Francois Smit, René Haarhoff, Maarten Roode, Jacques Hefer, Helene Strauss, Willie Delport, Corné du Preez en Francois Theron. Voor: Johan Kok, Rachel Wall en Tertius Haak
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'