HEIDELBERG NUUS - Die sake teen die 29-jarige man wat Maandag, 3 Augustus in Heidelberg-landdroshof op aanklag van gesinsgeweld, twee huisbraakklagtes, asook twee aanrandingklagtes (aanranding gewoon en aanranding met die doel om ernstig te beseer) verskyn het, is tot Maandag, 17 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Hy bly in aanhouding.
Die saak teen die 48-jarige man wat na bewering 'n polisielid aan die brand wou steek toe hy petrol oor hom gegooi het, se borgtog is geweier toe hy Dinsdag, 4 Augustus in die hof verskyn het.
"Hy is ook op aanklag van besit van mandraxpille aangekla. Die saak is tot 29 September uitgestel," berig Clive Pretorius, korrespondent vir Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'