"Vir besoekers aan die kusdorpies is dit 'n lekker bonus om gholf te speel as die wind nie waai nie en wanneer dit nog op so 'n pragtige baan soos Stilbaai kan wees, is die tafel gedek vir goeie gholf," het Marius Loubser van Sages gesê.
Veertig spelers het aan 'n Beterbalkompetisie met 'n scrambled drive deelgeneem. Volgens Loubser was daar ook heelwat gaste wat gespeel het.
Die volgende pare het die beste gevaar:
1. Hennie Slabbert en Abel Coetzee (Stilbaai) 48; 2. Koos van Rensburg en Frans Myburgh (Riversdal) 48; 3. Charl du Randt en Pinoc Jacobs (Riversdal) 47; 4. Dave Luck (Mosselbaai) en Grove Koch (Riversdal) 47; 5. Nel Mulder en Maka Swart (Riversdal) 46; 6. Kadoems du Preez en Danie Botes (Stilbaai) 45; 7. André Goetz en Andre Beukes (Boggomsbaai) 45; asook 8. Paul de Villiers en Basie Nortje (Riversdal) 45.
Die twee naaste-aan-die-penne is Rodney Page en André Beukes en beide het geskenkpakke ontvang wat JC Slagtery van Riversdal geskenk is.
Loubser sluit af: "Baie dankie aan André Celliers wat al die reëlings vir die dag getref het en ook 'n groot dankie aan die baanopsigter wat toesien dat die baan in so 'n pragtige toestand is. Die volgende Sages- byeenkoms is Dinsdag, 14 Oktober op Boggomsbaai."

Die wenners: Abel Coetzee en Hennie Slabbert (eerste), Paul de Villiers (voorsitter - Sages), Frans Myburgh en Koos van Rensburg (tweede), Charl du Randt en Pinoc Jacobs (derde) asook Grove Koch en Dave Luck (vierde).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'