STILBAAI NUUS - Saartjie Jaftha van Klipfontein het al haar besittings tydens 'n brand wat op 30 April in die gebied uitgebreek het, verloor.
Die veldbrand het tot by haar huis versprei. Sy is vermoedelik 78 jaar, maar haar ouderdom kan nie bevestig word nie omdat sy lank gesukkel het om 'n identiteitsdokument te bekom.
Nolene Bouwer van Stilbaai het die gemeenskap gevra om hul harte oop te maak en vir Saartjie te help. Skenkings het ingestroom. Volgens Boet Saayman het sy onder andere splinternuwe klere ontvang wat hy vir haar geneem het.
Die huis waar Saartjie tans woon, het slegs 'n watertenk buite en daar is blykbaar nie krag nie. As gevolg van die brand het die pype gesmelt en moet eers herstel word.
Sy het onder andere kruideniersware, breekware, 'n plastiektafel, messe, vurke en 'n rasper ontvang waaroor sy verheug was.
Saartjie staan by die tafel wat aan haar geskenk is, sowel as die breekware en kruideniersware wat sy ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'