HESSEQUA NUUS - Twee jong mans word gesoek nadat hulle gister, 26 Oktober om ongeveer 14:00 glo 'n 56-jarige man van Kaapstad met 'n mes gedreig en beroof het.
Volgens Heidelberg-polisie het die man sowat 25km buite die dorp in die Gysmanshoekpas, rigting Riversdal, 'n pap wiel gekry. Hy was besig om dit te vervang toe die twee mans hom oorval.
Enigiemand wat oor inligting beskik word versoek om dringend die naaste polisiestasie, of Heidelberg-polisie by 028 722 1910 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'