Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die eens trotse landmerk in die dorp raak al meer vervalle en die toekoms daarvan is duister.
Hessequa-munisipaliteit gaan nie die stasiegeboue huur en opknap nie, want dit gaan te duur wees. Transnet wil nie die stasie verkoop nie, want hulle besluit nog of hulle dit weer wil gebruik.
Intussen is die verlate, verwaarloosde stasie ‘n misdaadbrandpunt waar dwelm- en drankmisbruik, verkragting en moord plaasvind.
Al oplossing is ’n onafhanklike ontwikkelaar wat die stasie tot sy eertydse glorie kan herstel deur ’n fraai toerismesentrum hier te vestig.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'