RIVERSDAL NUUS - Die volgende bloedskenkings-kliniek is Donderdag 30 April tussen 14:00 en 18:45 in die burgersentrum.
Persone wat wil bloed skenk, se hande sal by die ingang met ontsmettingsmiddel gesteriliseer word.
Die personeel se hande sal ook voor en na kontak met elke skenker gesteriliseer word. Die beddens sal die verlangde afstand van mekaar geplaas wees.
Heelwat meer eenhede is tydens Stilbaai se bloekskenkingskliniek verlede Donderdag geskenk - dalk omdat inwoners dit as 'n welkome uitstappie gesien het?
Volgens Arlecia November van die Wes-Kaap Bloeddiens is dit normaalweg gemiddeld 55 skenkings en gedurende die winter selfs minder. Die aantal wat geskenk was, is 64 eenhede en ses nuwe skenkers het ook opgedaag.
Moenie bloed skenk indien jy kontak gehad het, of vermoed dat jy kontak met 'n persoon gehad het wat met Covid-19 gediagnoseer is, of die vermoede bestaan dat die persoon die virus onder lede mag hê nie.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'