RIVERSDAL NUUS - Hessequa-munisipaliteit wil inwoners die geleentheid gee om gratis en veilig van hul elektroniese afval ontslae te raak.
Riversdallers kan op Vrydag 8 Maart hul elektroniese afval na die stalletjie voor die Riversdal-biblioteek bring.
Eleotroniese afval bestaan uit maklike herwinbare materiale soos plastiek en glas, sowel as klein hoeveelhede giftige materiale wat lood, kobalt, silikon, kwik en arseen kan insluit.
Elektroniese afval kan ou rekenaars, (skootrekenaars), fotostaatmasjiene, drukkers, radio's, projektors, televisiestelle, telefone (slimfone en tablette), sleutelborde en skandeerders insluit.
Elektroniese afval (E-afval) op sy eie skep 'n hele nuwe probleem as gevolg van die hoë vlakke van toksisiteit en die nadelige impak wat dit op die natuur en die mense het. Daarom is dit belangrik dat op verantwoordelike manier van elektroniese afval ontslae geraak word.
Besoek gerus die Riversdal-biblioteek vir meer inligting en waar om e-afval te oorhandig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’