HESSEQUA NUUS - Die Riversdal motorregistrasiekantoor sal tot 16 Julie gesluit wees weens ‘n personeeltekort nadat ‘n personeellid positief vir Covid-19 getoets het.
Slegs ‘n beperkte diens vanaf hierdie kantoor sal op spesifieke dae geskied, soos onder vermeld.
Geen motorregistrasie transaksies, hernuwing of aansoeke vir bestuurs- en leerlinglisensies sal plaasvind nie.
Die padwaardigheidsentrum sal steeds oop wees vir enige hertoetse en vir applikante wat reeds aansoek vir padwaardigheid gedoen het.
Die volgende dienste sal op die onderskeie dorpe vir dringende transaksies beskikbaar wees:
Riversdal
- Nuwe aansoeke vir padwaardigheid sal op Dinsdag 13 en Donderdag 15 Julie tussen 09:00 en 13:00 aanvaar word;
- Geen motorregistrasie transaksies, hernuwing/aansoeke van bestuurs-/leerlinglisensies sal beskikbaar wees nie.
Heidelberg
- Hernuwing van motorvoertuig lisensie;
- Registrasie van motorvoertuie indien reeds padwaardig verklaar.
Bogenoemde dienste sal nie beskikbaar wees op Dinsdag 13 en Donderdag 15 Julie tussen 09:00 en 14:00 nie.
- Hernuwing van bestuurslisensie;
- Aansoek van leerlinglisensies.
Stilbaai
- Hernuwing van motorvoertuig lisensie;
- Registrasie van motorvoertuie indien reeds padwaardig verklaar.
Albertinia
- Hernuwing van motorvoertuig lisensie;
- Registrasie van motor voertuie indien reeds padwaardig verklaar;
Hernuwing van motorvoertuig lisensie deur middel van elektroniese oorbetaling (EFT):
Besonderhede
Bank: Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 53571024174
Takkode: 200313
Verwysing: Registrasienommer van voertuig
Epos bewys van betaling, asook ID-afskrif na dawidw@hessequa.gov.za
Alle bestuurs-/leerlinglisensie afsprake sal herskeduleer word en applikante sal met nuwe datums gekontak word.
Volle diens sal op Maandag, 19 Julie omstreeks 08:00 hervat word.
Bestuurs- en leerlinglisensie, sowel as professionele bestuurspermitte wat gedurende die tydperk 27 Maart tot 31 Desember 2020 verval het, sal steeds geldig wees tot 31 Augustus vanjaar.
“Die publiek word vir hulle geduld in hierdie verband bedank,” sê die munisipale woordvoerder, Didi Budricks.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'