RIVERSDAL NUUS - Riversdal-polisie het weer na minderbevoorregtes uitgereik met 'n skenking wat uit die gemeenskap ontvang is.
Sersant Envor Prins, konstabels Adrian Isaacs en Venia Daries (mediawoordvoerder) het op Donderdag, 4 Junie klere aan gesinne van Garcia, Vermaaklikheid en De Draai-plaas oorhandig.
Vir Kinderbeskermingsweek is gebreide poppies wat deur twee vroue van Heidelberg gemaak is, op Vrydag, 5 Junie aan verteenwoordigers van Kindersorg en die departement maatskaplike ontwikkeling oorhandig.
Daries versoek lede van die publiek wat 'n skootrekenaar, skoene of hemde vermis, om ao Jeffrey Bezuidenhout met 'n beskrywing van die vermiste eiendom by 028 713 8500 te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'