RIVERSDAL NUUS - Riversdal-krieketklub het Saterdag 2 Maart vir Heidelberg United tydens hul halfeindronde-kragmeting met 43 lopies verslaan.
Met hierdie oorwinning dring hulle na die eindronde van die SWDK Promosieliga deur wat Saterdag 9 Maart teen Thembalethu United op Oudtshoorn gespeel word.
In die foto hieronder is spelers van Riversdal Krieketklub, bestuurslede, afrigters en ondersteuners wat hul skitterende oorwinning oor Heidelberg United-krieketklub vier wat hulle Saterdag 2 Maart gewen het.
Tweede van regs is Marvin Kortjé wat as speler van die wedstryd aangewys is.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa, Karoo nuus'