RIVERSDAL NUUSFLITS - Die plaaslike krieketklub het Saterdag 2 Desember hul stem duidelik laat hoor vir misdaad teen vroue en kinders.
Die span het teen Mayflower van Grootbrakriver te staan gekom, maar voor die wedstryd het die voorsitter, Jason van Rensburg ‘n kort boodskap met die oog op 16 Dae van Aktivisme vir misdaad teen vroue en kinders gebring.
“Ons is die bouers van ons gemeenskap en daarom mag ons nie stilbly as enige vrou of kind mishandel word nie.
"Ongeag of dit fisiese, verbale of emosionele mishandeling is, mens is so geneig om te dink dat fisiese mishandeling die ergste is.
"Die waarheid is egter so dat ‘n blou kol binne drie weke heel, maar daardie lelike en afbrekende woorde bly soms jare.
"Kom ons let op oor hoe ons met ons ouers, vrouens en kinders praat en handel,” het hy benadruk.
Die plaaslike krieketklub het Saterdag 2 Desember hul stem duidelik laat hoor vir misdaad teen vroue en kinders.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'