HEIDELBERG NUUS - Twee Samaritane van dié dorp, Raymond Saayman en Susanna Cillie, is onlangs deur die plaaslike gemeenskapsradiostasie met 'n welkome donasie verras. Beide van hulle bedryf sopkombuise.
Die finansiële donasie vanaf 'n anonieme skenker is deur Sally Nicholls, Gateway Radio se stasiebestuurder gefasiliteer. Volgens Nicholls is sy al geruime tyd bewus van dié twee Samaritane wat hulle beywer om die kinders, wie se ouers dit nie so breed het, se magies te vul met 'n goed gebalanseerde ete.
Die twee het elk R5 000 kontant vanaf die skenker ontvang.
Beide was duidelik in hul noppies met die skenking en het gesê dat hulle nou uitsien om vir hul begunstigdes 'n heerlike Kersete voor te berei.
Hulle het ook die hoop uitgespreek dat hulle dalk die kinders vir 'n lekker uitstappie see toe sal neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’